Mark Pekeur album bekendstelling
About This Event
Mark Pekeur stel sy debuut-EP bekend!Sluit op Vrydag, 28 Augustus, by die Daisy Jones Teater op die Summerhill-landgoed buite Stellenbosch aan vir 'n besondere aand wanneer Mark Pekeur, 'n ATKV-Crescendo opnamekunstenaar én voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, sy debuut-EP met vyf splinternuwe oorspronklike enkelsnitte bekendstel.Die bekendstelling sluit die liedjies "Meer as jy", "My vingers en die snare", "Gedra", "Staan vas in jou geloof" en "Wie is ek" in – 'n versameling wat Mark se musikale reis, geloof en persoonlike stories weerspieël.Die Paarliet het reeds naam gemaak as lid van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, waar hy op verskeie verhoogte opgetree het. Met hierdie EP tree hy na vore as liedjieskrywer en solo-kunstenaar met 'n eerlike, egte stem en musiek wat diep aanklank vind."Hierdie projek is baie persoonlik, want ek vertel my eie reis. Elke lied dra 'n stukkie van my hart en my geloof – dit is vir my meer as net musiek. Dit herinner my daaraan dat God deur gebrokenheid meesterstukke uitkerf. Dit is ook 'n voorreg om die verhoog met Olga Leonard en Whaden Johannes te deel. Vir die eerste keer gaan ek en die ATKV-Crescendo-koor hierdie koorbelewenis saam aanbied, en ek is opgewonde oor die 'magic' wat ons saam gaan skep," sê Pekeur.Die EP is vervaardig deur drie gevestigde vervaardigers – Jean-Marc Meyer, Riku Lätti en Eddy Strings – wat elk hul unieke kreatiewe aanslag bygedra het tot die emosionele diepte en klankrigting van die projek.Die aand word verder verryk deur spesiale gasoptredes van die Crescendo-koor, Olga Leonard en Whaden Johannes, wat saam met Mark hierdie belangrike mylpaal vier. Datum: Vrydag, 28 Augustus Plek: Daisy Jones Teater, Summerhill-landgoed, buite Stellenbosch Kaartjies: R150 Deure open 17:00, vertoning begin on 19:00Tafel besprekings noodsaaklik: +27 64 968 2015
Location
Loading map...
Address: Summerhill Wines, R44
What to Expect
Live Performance
Experience amazing live entertainment
Great Atmosphere
Connect with fellow music lovers
Quality Sound
Professional audio equipment
Memorable Experience
Create lasting memories
Add to Calendar
Click any button to add this event to your calendar app
Friday, August 28, 2026
2026-07-31 17:00:00
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
Summerhill Wines, R44
Event Tips
Arrive 15-30 minutes early for the best seats
Bring a valid ID for age verification
Check venue parking options in advance
Follow the event on social media for updates